NUUS - NUUS -
NUUS
Email Adres:
lsbroederstroom@yebo.co.za
Bankbesonderhede
Bank: Nedbank Brits
Taknr: 187646
Rek.Nr: 1876031301
'N LAASTE GEDAGTE VIR DIE JAAR
Weet nie of dit die ouderdom is nie, maar die afgelope jaar het werklik baie vinnig tot 'n einde gesnel!
Hierdie jaar was behoorlik propvol gebeure wat ons program daagliks laat oorloop het - die meeste daarvan positiewe gebeure.
Wanneer ons terugkyk op die jaar wat verbygesnel het, is dit met groot dankbaarheid in ons harte, want ons was werklik geseënd .
Ons kan dankie s
ê vir so baie dinge: vir ons ouers, ons opvoeders, ons leerders se prestasies en dat ons elke dag nuwe dinge kon ontdek.Ons sê ook spesiaal totsiens aan ons graad sewe klasse. Ons gaan julle baie mis - al die stoutigheid, streke en nukke! Moenie vergeet wat ons jou hier probeer leer het nie. Dra ons skool se naam altyd op 'n positiewe wyse uit sodat almal kan sien: Dit was die regte skool vir al die regte redes! Onthou waar jou krag vandaan kom: Met jou hand in Syne, kan jy jou lewenspad met vertroue loop! Ons dank aan ons Hemelse Vader dat Hy ons in hierdie jaar geseën het met die keur van sy seeninge!
Here Jesus, dit is U geboortemaand. Dankie vir die lekker van Kersfees: Die geskenke onder die boom, die liggies, die sterre, die blinkers, die gees van opwinding en vreugde .... Here, gee dat dit alles nie my aandag sal aftrek van die eintlike betekenis van Kersfees nie.
Gee dat ek sal onthou om fees te vier met Kersfees omdat U mens geword het vir my, omdat u gewillig was om die hemel prys te gee en aan 'n kruis te sterf sodat ek by God kan uitkom. Mag u en u gesin die omvang van Sy liefde vir ons begryp in hierdie Kerstyd. Mag Sy vrede en vreugde in die nuwe jaar wat kom, elke dag by ons bly!
Dankie vir u positiewe insette en ondersteuning gedurende 2007!Gesamentlike Jaarverslag - Hoof & Voorsitter van die Beheerliggaam
Datum: 6 & 7 November 2007
AFDELING A: VERSLAG VAN HOOF
Geagte Ouers,
`n Terug6lik oor 2007: Aan die einde van
nog 'n jaar, is dit vir ons ook die geleentheid om terug te kyk op 'n geseënde
jaar wat verby is.
Ten spyte van woelinge en stakings in die onderwys, het dit besonder goed gegaan
met ons skool. Ons doen graag verslag oor die volgende aspekte:
Lief & Leed:
Ons groet juf. Elmarie Knapp wat na 'n tydperk van 15 jaar in die onderwys (vanaf April 1996 by Broedies), uiteindelik die voorreg gaan h
ê om pal tuisteskepper te wees.Juffrou Elmarie, ons groet jou en onthou:
|
Die toegewydheid en deeglikheid waarmee jy elke opdrag aan jou opgedra, aangepak het | |
|
Die absolute lojaliteit teenoor Broedies en die bemoeienis wat jy met elke leerder gemaak het. | |
|
Die spore wat jy hier getrap het en die positiewe invloed op elke leerder wat onder jou hande deurgeloop het. |
Ons dra graag die volgende aan jou op:
Our children enter your classroom
With countless questions to be asked,
Seeking honest answers and wise counsel,
Knocking on the doors
Of their futures yet unknown.
We are thankful that God has entrusted you
With the knowledge to answer the questions,
the wisdom to quide and direct,
and the key to open the door
to the next step of their journey. (Uit: "The heart of a teacher")
Ons groet ook die volgende Beheerliggaamslede wat aan die einde van 2007 hulle dienstydperk voltooi:
Dirk Crouse
- Voorsitter
Eugéne
Du Plessis -
Voorsitter Finansiële
Komitee
Renate Barnard
Baie dankie vir elkeen van julle se toegewydheid, ondersteuning en insette in die skool die afgelope jare! Ons het net groot dank en waardering vir elkeen van julle se persoonlike stempel wat afgedruk is en die toegewydheid waarmee die taak gedoen is.
Julle gaan beslis 'n groot leemte laat!
LEERDERAANGELEENTHEDE
Onderwyser / Leerder verhouding vir 2007: 'n Gemiddeld van 20 Ieerders wr
klas
Totale aantal leerders: 295 (soos op 1/11/2007)
Aantal onderwysers: 15
Graad 1M
23
Graad 1P 23
Graad
2M 17
Graad 2J 19
Graad 3T 20
Graad 3E 22
Graad 4H
19
Graad 4S 20
Graad
5C 19
Graad 5E 20
Graad 6A 27
Graad 6N 26
Graad 7E 20
Graad 7A 20
Totaal 295
Plaasvervanger
Onderwysers:
Laerskool Broederstroom maak van tyd tot tyd gebruik van plaasvervangers wanneer
onderwyspersoneel met verlof gaan. Dit verseker dat daar kontinuiteit in die
leerprogram bestaan. Groot dank en waardering aan me Marlene Roos ,Ronel Visser
en Marie Badenhorst wat meestal uitgehelp het.
Skoolprestasie - Akademies: Soos aan die einde van 2006, gee ons graag aan u die slaagsyfers vir 2007 deur:
| Graad | Aantal Druipelinge |
| Gr.1 | 4 |
| Gr.2 | Geen |
| Gr.3 | Geen |
| Gr.4 | Geen |
| Gr.5 | Geen |
| Gr.6 | Geen |
| Gr.7 | Geen |
| Totaal | 4 |
UITGEBREIDE GELEENTHEDE
Conquesta
*Ons bied jaarliks ook aan ons leerders geleentheid om op ander gebiede te
presteer. Daar is vir die tweede keer hierdie jaar aan "Conquesta" deelgeneem in
alle leerareas. Ons kinders het uitstekend gevaar en ons is baie trots op hulle!
*Rekenaarsentrum: Leerders het die geleentheid gehad om hulle
rekenaervaardighede uit te brei. Gedurende 2007 sal die Rekenaarsentrum steeds
deur me. Rika J v Vuuren hanteer word. Leerders kry hier onderrig in
rekenaarprogramme soos Word, Excel, ens.
*Stimulus Maxima (Leeshulp program)
Ons het met groot sukses begin met die aanbied van bogenoemde program by die
skool. Dank en waardering aan Lena Jacobs vir die entoesiasme en ywer waarmee sy
hulp aanbied.
*Pottebakkery klasse
Daar word steeds klasse in pottebakkery aangebied - vanaf voorskooi tot en met
gr. 7.
Hierdie is 'n unieke geleentheid om op kreatiewe wyse fyn spierkoordinasie te
ontwikkel en hou ook ander terapeutiese waarde vir ons kinders in.
Dansklasse - word deur Christelle Broodryk aangebied by ons skool. Van "tap", "hip-hop" tot "slow modem ".
Krieketklub - Leerders kry geleentheid om op Maandae en Woensdae middae (vanaf voorskoolse ouderdom), die fyner kunsies van krieket by 'n professionele afrigter te leer. Groot dank en waardering aan mnr. Andre Bezuidenhout wat baie tyd hieraan bestee.
Gholf - Afrigting word deur 'n buite afrigter aangebied op Vrydae direk na skool.
"Numeracy challenge" - Ons neem jaarliks deel aan die "Numeracy challenge" wat deur die GDO aangebied word. Een van ons graad 3 leerders, LiDe-Mari Robbertse, het hierdie jaar deurgedring tot by Distriksvlak (tweede uit 26), en gaan ons Distrik op 7 November verteenwoordig. Baie geluk, LizeMari. Ons is trots op jou!
Leerintegrasie (uitstappies-en instappies)
- Alle klasse het'n beurt gehad om op'n uitstappie (of meer) te gaan gedurende
die jaar. Instappies is ook gereel en leerders het dit baie geniet! (Fansa en
die Mobiele planetarium).
DISSIPLINE - Dit het redelik goed gegaan met ons skool se dissipline deur
die loop van die jaar. Daar is maar altyd die paar kansvatters! Hulle het egter
gou agter gekom dat die nie baie lekker is as jou maats op 'n uitstappie gaan en
jy mag nie, omdat jy te min punte het nie! (Die meriete- en de-meriete stelsel
het homself bewys hierdie jaar!)
ALGEMEEN
Kleredrag: Skool- en Sportdrag soos
voorgeskryf in die skoolbeleid van Laerskool Broederstroom (sien dagboek)
Verkrygbaar by "Eenstop Skooldae- Tel: (012) 253 1119
en
"Dana's Clothing" Tel: 072 380 1433
Belangrike Datums
vir 2008 (Eerste Kwartaal):
| 7 Jan | Skole heropen vir personeel - Registrasie vir leerders betaalbaar vanaf 8/1 |
| 9 Jan | Skole heropen vir leerders. Eerste paaiemente van skoolgeld betaalbaar. 1ste Skooldagfoto's (gr.1) |
| 11&12 Jan |
Leerlingraadkamp te Sediba Lodge (Verkose Leerlingraad) |
| 15 Jan | Inligtingsaand - Grondslagfase (gr.1-3) |
| 16 Jan | Inligtingsaand - Intersenfase (gr.4-7) |
| 19 Jan | Interhuis Atletiekbyeenkoms |
| 24 Jan | Atletiek (vriendskaplik) te L/s Booysens |
| 29 Jan | Brits Laerskole Prestige Atletiekbyeenkoms- slegs geseklekteerde atlete |
| 31 Jan | Vriendskaplike Atletiekbyeenkoms te L/s Riviera Skoolgeld betaalbaar - Paaiement 2 |
| 5 Feb | Individuele foto's |
| 6 Feb | Atletiek - Wyksbyeenkoms |
| 7&8 Mrt |
Straatfees |
| 11 Mrt | Rugby en Netbaldag te L/s Bergsig |
| 14 Mrt | Instappie - Fansa (Vriend of Vyand?) |
| 20 Mrt | Skole sluit om 11:00 |
| 31 Mrt | Skoolgelde betaalbaar (paaiement 3) |
Graad R klas en Kleuterskool: Gaan steeds voort soos huidiglik. Vir verdere navrae, skakel g?rus me. Steinmann by 082 882 4899.
Maatskaplike werkster - Ons het die dienste van 'n maatskaplike werkster bekom wat eenmaal 'n week beskikbaar is vir leerders en ouers. Baie dankie aan Marlene Malan vir haar wonderlike werk!
Snoepie - Die snoepie is deesdae 'n groot uitkoms vir haastige ouers! Baie dankie Paulie, dat ons kinders nou ook gesonde happies by die snoepie kan koop! Dankie ook vir al die opofferinge en bemoeienis met die wat minder het. Ons waardeer jou insette geweldig!
♫♪ Musieksentrum : Ons musiekleerders het ook aan die Kunstefees deelgeneem en hulle goed van hulle taak gekwyt. Die musieksentrum sal ook weer soos die afgelope jaar, bedryf word in 2008. Groot dank en waardering ook aan Elize Buys vir die groot bydrae wat sy maak deur hierdie diens aan ons leerders gedurende skoolure te verskaf.
Jaarprogram:
Ons nuwe skooldagboekie is reeds by die drukkers om gedruk te word. Alle
belangrike inligting soos datums vir funksies/byeenkomste, gedragskode,
skooldrag, ens sal in hierdie boekie saamgevat word. Dagboekies sal DV vanaf 9
Januarie, met inskrywing, beskikbaar wees (gratis-vorm deet van skoolgelde).
Hierdie dagboekies is verpligtend vir elke leerder!!!!!! Moet asseblief nie `n ander tipe koop nie!
HOOGTEPUNTE- 2007 - Buitekurrilkulêre aangeleenthede en ander
SPORT
Atletiek - 11 Atlete het deurgedring na die Distriksbyeenkoms.
Rugby - Ons 0/13 en 0/9 spanne was
beide ligawenners. Baie dankie aan ons afrigters vir harde werk en ons ouers vir
al die ondersteuning langs die veld. Baie dankie aan ons buite afrigters:
Johan Barnard, Johan Willemse en Tobie.
Netbal - Ons 0/11 netbalspan het die liga gewen.
Bulletjie Rugby - Dit het BAIE goed
gegaan met ons Bulletjies hierdie jaar. Baie dankie aan die volgende pa's wat
baie ure ingesit het met oefening en ondersteuning
Anton Viljoen, Gawie Nel, Tjaart vd Walt.
Dankie ook vir die mamma's vir hulle ondersteuning langs die veld!
Krieket (seuns) - Ons 0/11 seuns het die liga gewen. Hulle het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Dankie aan mnr. Andre Esterhuyse vir die toegewydheid!
Krieket (dogters) - Ons dogters krieketspan het tweede in die liga geindig. Dit is slegs die tweede jaar wat ons speel - Baie geluk dogters en mnr. André Bezuidenhout!
Sagtebal -
0/11 seuns : Tweede in die Wyk.
0/13 seuns: Tweede in die Wyk. 7 Seuns in die Proewespan-4 seuns haal die
Gauteng A-span en 3 die Gauteng B-span.
Baie geluk aan die volgende seuns:
André Coetzer, Werner Barnard. Christiaan du Plooy en Michan Botes (A-span).
Baie geluk ook aan Juan Claassen, George J. Van Rensburg en J.P Nel (&span).
Hulle gaan in die Desembervakansie hulle Provinsie in Pretoria verteenwoordig en
ontvang dan ook Provinsiale kleure.
Sportseun van die jaar:
Werner Barnard en André Coetzer
Sportdogter van die jaar: Yolandi Bresler
KULTUUR
Liedjiefees - Ons het 'n baie geslaagde Liedjiefees aangebied gedurende
die begin van die vierde kwartaal. Die tema: "Local is lekker" het groot byval
gevind en in ons boeke was dit 'n reuse sukses! Dankie aan al die opvoeders en
ouers wat hiermee gemoeid was!
Kunstefees - Heelwat van ons leerders het aan die Hartbeespoort Kunstefees deelgeneem en puik presteer in visuele kunste, sang, musiek, dans ens. Dankie juf. Sonja vir puik reëlings!
Redenaars - Ons het die vyfde agtereenvolgende jaar 'n Redenaarsaand by die skool aangebied. Hierdie jaar het 'n rekord getal van vyf skole deelgeneem. Dankie juf. Elmarie vir puik reelings.!
VCSV - Daar is voortgegaan met die VCSV vanaf hierdie jaar. Groot dank en waardering ook aan Marcel Steyn en Louise J. van Rensburg. Ons het tans nie iemand wat die VCSV in 2008 gaan aanbied nie, maar glo dat die regte persoon sy/ haar hulp sal kom aanbied.
Voortrekkers - Die Voortrekkers is vanaf verlede jaar baie aktief. Gereelde kampe word aangebied en die leerders geniet dit baie! Dankie aan Anita Robbertse en helpers!
Dans - Dans word privaat aangebied deur Christel Broodryk. Dit gaan uitstekend met ons dansers wat by haar les neem en groot hoogtes is deur individue en groepe gedurende hierdie jaar bereik. Baie geluk Christél!
Miniatuur Rugby - Een van ons leerders
ontvang Provinsiale kleure in hierdie sportsoort: Anje Duvenhage
Baie geluk en baie dankie aan Wessel Cronjé!
OOS (Veldskool te T.O. strand)
Ons graad 7 leerders het die wonderlike
voorreg gehad om die T.O. strand te besoek gedurende Julie vakansie. Elke graad
7 leerder wat saamgegaan het is dit eens dat dit 'n besondere geleentheid was om
hulle Laerskoolloopbaan mee af te sluit.
Gr. 8 Avontuurkamp
Ons graad 6 klas het 'n avontuurkamp te
Zarivongo bygewoon. Dit was ook vir elke graad 6 leerder 'n heerlike geleentheid
om hulle mede klasmaats beter te leer ken en hulle leierseienskappe te toets.
Veelsydigste dogter van die jaar:
Alida van Tonder
Veelsydigste seun van die jaar: Werner Barnard
Hoof se toekenning: Larissa Engelbrecht
Graad een ope-dag
Op 12 September het ons jaarlikse opedag plaasgevind. By hierdie geleentheid was
daar ongeveer 40 voornemende graad een leerders wat hulle eerste dag by
die "groot skool" baie plesierig gevind het. Voornemende leerders in ander
grade, sowel as hulle ouers, het ook die geleentheid bygewoon.
Baie dankie vir elke ouer se positiewe gesindheid, betrokkenheid en insette deur die jaar. Geniet u vakansie en die Kerstyd saam met u gesin!
Onthou: Die skole begin weer DV op Woensdag, 9 Januarie 2008 om 07h30 vir alle leerders.
Vriendelike groete
Mev. Ina du Plessis (Hoof)
AFDELING B: VERSLAG VAN MNR. DIRK CROUSE (VOORSITTER VAN BEHEERLIGGAAM)
Terugblik op 2007
Hoogtepunte van die afgelope jaar:
|
Salarisse v Beheerligaamposte | |
|
Vordering met die pallisade omheining
| |
|
Ons kon ook begin met plaveisel, asook opgradering van die wooneenhede. | |
|
Addisionele hulpmiddels in die vorm van aanvullingsmateriaal is ook aangeskaf, waarmee ons glo ons 'n groot impak op ons kinders se akademiese vordering sal maak. | |
|
Die sukses met ons huidige funksies en samestelling van minder, maar hoër kwaliteit funksies, blyk steeds dat ons op die regte pad is en wil ons daarmee voortgaan. | |
|
Ons alternatiewe befondsings inisiatief d.m.v advertensieborde, het ook uiters suksesvolle resultate gebring en wil ons dit verder uitbrei in 2008. |
Vooruitsiate vir 2008
Aspekte wat ons in die vooruitsig stel vir 2008 is as volg:
|
Die behoette aan nog addisionele klaskamers sodat ons elke graad in twee Idaskamers kan akkomodesr . | |
|
Betroubaarheid van ons Busvervoer bly egter steeds 'n uitdaging waarvoor ons oplossings moet vind - hier kyk ons ook na ander opsies as noodwendig `n nuwe bus. | |
|
Sportfasiliteite en toerusting sal in 2008 ook opgradering geniet. | |
|
Finale uitwissing van agterstand van Beheerliggaamposte teenoor Departementele poste. | |
|
Voltooiing van pallisade projek, asook plaveisel. |
Ek bedank graag elke Beheerliggaamslid en ander komiteelede vir julle onbaatsugtige diens asook vorige beheerliggaamslede wat nog steeds die skool ondersteun.
Graag wens ek namens die Beheerliggaam elke personeellid, ouer en kind 'n heerlike rustyd toe, asook 'n geseënde Kerstyd.
Groetnis,
Dirk Crouse
Voorsitter - Beheedigaam
AFDELING C: FINANSIES: 2007
Mnr. E. Du Plessis (Voorsitter van Finansiele Komitee)
| SKOOLGELD | GEHEF | ONTVANG | KORTING | FIN.STEUB | UITSTAANDE |
| R 1169,000 | R 776,000 | R 27,500 | R 162,000 | R 203,500 |
INKOMSTE
|
Huissport Straatfees Wildsete Quadbike Liedjiefees Speletjiesaand TOTAAL |
R 11,669.90 R 19,874.87 R 15,588.13 R 44,835.20 R 22,335.15 R 7,601.50 R 121,904.75 |
SKOOLGELD VIR 2008 Eerste paaiement betaalbaar
op 9 Januarie 2008
| Een leerder | R 4 950.00 per jaar | R450 per maand x 11 mnde |
| Twee leerders | R 9 900.00 per jaar | R900 per maand x 11 mnde |
| Drie leerders | R14 850.00 per jaar | R1,350 per maand x ll mnde |
BUSGELD VIR DIE 1 STE KWARTAAL 2008
Tarief per rit vir H/S leerders is R16.00 per dag.
Tarief per rit vir L/S leerders is R11.50 per dag.
Busgeld is streng vooruitbetaalbaar. Geen kontant word op bus geneem nie.
Leerders moet kaartjie by kantoor koop.
| Maand |
L/S leerders Vol Maand |
L/S leerders Halwe Maand |
H/S Leerders Vol Maand |
H/S Leerders Halwe Maand |
Kleuters Vol Maand |
Kleuters Halwe Maand |
| Jan | R 195.50 | R 98.00 | R 272.00 | R 136.00 | R 85.00 | R 43.00 |
| Feb | R 230.00 | R 115.00 | R 320.00 | R 160.00 | R 100.00 | R 50.00 |
| Mrt | R 161.00 | R 80.00 | R 224.00 | R 112.00 | R 70.00 | R 35.00 |
Vriendelike groete
Eugene Du Plessis- Voorsitter (Finansiële Komitee).